BETHAL – Die CMA-motorfietsryers het die plaaskerk, Huis van Gebed, in Bangleystraat op Sondag, 15 Maart besoek waar past Jackie van Dyk van die CMA lidmate toegespreek het.
“Die kerk was volgepak,” het me. Michelle Viljoen, lidmaat, gesê.
Daar was na die tyd kos en koeldrank te koop en die oorblywende kos is aan behoeftiges geskenk.
Lidmate het die New Growth kwekery bedank vir die skenking van plante.
“Die dag was ’n reuse sukses,” het me. Viljoen gesê.
Huis van Gebed se dienstye is op Sondae om 11vm.
Vir meer inligting, skakel me. Viljoen by 060 491 7038.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



