Local newsNewsSchools

Dis tyd om Ermelo te groet

Dr.Swart verruil Ermelo binnekort vir Miramichi, New Brunswick in Kanada.

Dit voel soos gister toe Ermeloërs die nuwe dokter en sy vrou vanuit Alexanderbaai in die gemeenskap verwelkom het.

Dr. FD Swart, of jong-dokter Swart soos daar dikwels na hom verwys word, en sy vrou, Sonja, het gou aangepas en hul plek in dié gemeenskap gevind.
Dr. Swart het ‘n suksesvolle praktyk opgebou, terwyl Sonja haar merk gemaak het by die CMR, die NG Oos-Gemeente en vir die laaste nege jaar as opvoedkundige terapeut by Laerskool JJ van der Merwe.

Nou, ná 20 jaar, het die tyd weer aangebreek vir die egpaar wat intussen gegroei het tot ‘n gesin van vier met twee dogters, Sula, ‘n eerstejaarstudent in Stellenbosch, en Lara, gr. 9-leerder by Ligbron, om ‘n nuwe hoofstuk in hul lewens te begin.

Hulle emigreer binnekort na Miramichi, New Brunswick in Kanada waar nuwe uitdagings op hulle wag.

Almal wat paaie met die dinamiese paartjie gekruis het, is dit eens dat hulle ‘n groot leemte sal laat en wens hulle alle sukses en voorspoed vir die nuwe uitdagings wat vir hulle voorlê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button