Boer met stuk yster oor die kop geslaan
Mnr. Hansie van Rensburg is op 20 Maart op sy plaas op die Robertsdriftpad deur twee mans aangeval.
Mnr. Hansie van Rensburg is op 20 Maart op sy plaas op die Robertsdriftpad deur twee mans aangeval.
Volgens mnr. Van Rensburg het hy sy plaashek omstreeks 5nm toegemaak toe die aanvallers hom met ‘n stuk yster oor die kop geslaan het.
“Hulle het my aktertas uit my voertuig gesteel,” het mnr. Van Rensburg gesê.
“Die booswigte was te voet en het in die mielielande verdwyn.
“Twee vliegtuie is ontplooi om hulle op te spoor,” het mnr. Jannie Kasselman van Kasselman Veiligheidsdienste gesê.
Volgens ‘n sektorlid van die Robertsdrift Plaaswag was sowat 50 mense op die toneel, boere van die omgewing, asook boere van die Charl Cilliers omgewing.
Hy het gesê dat mnr. Van Rensburg se huis sowat 50m van die hek af is waar die aanval plaasgevind het.
Kry jou uitgawe van die Standerton Advertiser om die volledige berig te lees.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



