CrimeEditor's choiceLocal newsMunicipalNews

AfriForum hou Lekwa Munisipaliteit verantwoordelik vir rioolkrisis

AfriForum het druk op die Lekwa Munisipaliteit geplaas om die rioolsituasie te beredder.

AfriForum het druk op die Lekwa Plaaslike Munisipaliteit geplaas om die rioolsituasie op Standerton te beredder.

Dié organisasie hou die munisipaliteit persoonlik verantwoordelik vir die storting van groot hoeveelhede riool in die Vaalrivier.

AfriForum het watermonsters geneem en by ’n SANAS-geakkrediteerde laboratorium laat toets.

Die uitslae dui aan dat die water se E. coli-telling meer as 100 000 eenhede per 100ml water beloop.

“Die uitslae was niks minder as wat ons verwag het nie.”

In die brief wat AfriForum aan die munisipale bestuurder, mnr. Linda Tshabalala, gestuur het, was verskeie vereistes gestel waarop hul moet reageer.

Mnr. Tshabalala het ontken dat hy ooit ’n brief van AfriForum ontvang het en nie briefwisseling sou ignoreer nie.

Volgens mnr.Grobbelaar het hy, nadat hy die e-pos gestuur het, met mnr. Tshabalala se sekretaresse bevestig dat die brief wel ontvang is.

Die Standerton Advertiser het daarna die vrae aan mnr. Tshabalala gerig, maar geen kommentaar is teen druktyd ontvang nie.

Om die inhoud van die brief te sien, kry jou uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button