Seun by laerskool oorlede
’n Seun is vanoggend by Laerskool Standerton oorlede.
’n Seun is vanoggend by Laerskool Standerton oorlede.
“Die leerling, sowat agt jaar oud, het by die skool geval, opgestaan en weer geval en gesukkel om asem te kry,” het ’n bron gesê.
“Hy is na die dokter se huis toe gejaag waar die dokter hom dood verklaar het.”
“Ons het alles in ons vermoëe gedoen om hom te help en die oorsaak van sy dood is nog nie vasgestel nie,” het me. Ronel Boer van Laerskool Standerton gesê.
PERSVERKLARING VAN LAERSKOOL STANDERTON (11:50vm)
Dit is met groot hartseer dat Laerskool Standerton ons ouers en gemeenskap moet inlig dat een van ons leerlinge, Divan Joubert in gr. 1 vanoggend oorlede is.
Divan het vroeg vanoggend op die skoolterrein gestruikel.
Een van ons gr. 7-leerlinge het Divan opgehelp, maar hy het onmiddellik daarna inmekaargesak.
Daar is dadelik noodhulp toegepas in die vorm van mond-tot-mond asemhaling sowel as hartmassering, maar ongelukkig was dit nie suksesvol nie.
’n Dokter, wat langs die skool bly, se hulp is onmiddellik aangevra en hy het Divan dood verklaar.
Soos wetlik vereis word, is die polisie sowel as die Departement van Onderwys onmiddellik in kennis gestel.
’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal.
Laerskool Standerton se hoof en personeel asook die hele gemeenskap, wil graag hulle innige simpatie en medelye teenoor Divan se ouers, Leon en Marlene Joubert, sowel as Divan se sussie Zoë uitspreek.
Ons vra ook die ouers en gemeenskap om dié gesin in hulle gebede te dra en bystand in hulle tyd van smart te verleen.
Rudi Hamman
Skoolhoof: Laerskool Standerton
Lees ook: Leerling betuig medeley HIER
Twitter: @Advertiserstn
Betuig jou medelye met die familie deur jou boodskap te los op ons twitter rekening:
Begin jou tweet met die hutsmerk #medelyeaanjouberts
#medelyeaanjouberts Mag God se liefde en seën julle onderskraag tydens hierdie beproewing. Sterkte.
— Ronalda Williams (@2lateshecried) April 20, 2015
https://twitter.com/Advertiserstn/status/590125243739561985
#medelyeaanjouberts ons hoop net die beste vir tannie hulle en ons hou tannie hulle in ons gebede … Ons pappa hou julle baie styf vas ..
— Ronel Mostert (@ronelmostert56) April 20, 2015




