Local newsNewsSchools

Leerlinge betuig medelye

Blomme is by die skool se herdenkingsmuur geplaas waar kerse ook gebrand het.

Leerlinge en onderwysers van Laerskool Standerton het vandag hulle medelye met Divan Joubert (gr.1) betuig wat gister oorlede is.

Blomme is by die skool se herdenkingsmuur geplaas waar kerse ook gebrand het.

Divan het gister by die skool inmekaar gesak en ’n gr. 7-leerling het Divan opgehelp, maar hy het dadelik daarna inmekaargesak.

’n Dokter, wat langs die skool bly, se hulp is onmiddellik ingeroep en hy het Divan dood verklaar.

Volgens ’n werkskollega van Divan se pa het hulle mnr. Leon Joubert se verjaarsdag by die werk gevier toe hy die nuus van sy seun ontvang het.

Volgens ’n persverklaring van Laerskool Standerton sal ’n nadoodse ondersoek gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal.

Lees die eerste berig hier: Seun by laerskool oorlede

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button