EHS presteer in Minquiz-kompetisie
Minquiz is ’n jaarlikse nasionale wetenskapkompetisie vir gr. 12-leerders en word by verskillende wetenskapsentrums regoor die land gehou.

Eswee Bothma, Lyn-Marie Smit en Sithembiso Marareni van die EHS het verlede Donderdag aan MINTEK se Minquiz-kompetisie by die Osizweni Wetenskapsentrum in Secunda deelgeneem.
Minquiz is ’n jaarlikse nasionale wetenskapkompetisie vir gr. 12-leerders en word by verskillende wetenskapsentrums regoor die land gehou. Die kompetisie bestaan uit ’n skriftelike toets (wiskunde, wetenskap en algemene kennis) waarna die vyf beste spanne aan ’n mondelinge vasvra deelneem.
Die Erries het ná hul geskrewe toets deurgedring na die mondelinge ronde waar hulle derde geëindig en R550 vir hul skool gewen het.
Lyn-Marie en Eswee het elk ’n sertifikaat vir uitnemendheid ontvang vir die geskrewe toets.
Lyn-Marie het algeheel eerste en Eswee tweede geëindig en albei is gekies om Mpumalanga te verteenwoordig in die nasionale Minquiz-kompetisie wat gedurende die Julie-vakansie plaasvind.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



