EntertainmentLifestyleLocal newsNewsReligion

Rowwe Diamanta-fliek beloof om pret te wees

Skakel mnr. Jurie Naudé by 084 326 1885 of me. Cilanie Naudé by 082 781 2337.

HOëVELD – Roepersfontein Bedieninge Kerk op Kriel bied op Sondag, 7 Junie om 6.30nm ’n fliekaand aan waartydens die Afrikaanse Western Film, Rowwe Diamante, gekyk gaan word.

Rowwe Diamante vertel die storie van ‘n groep matrikulante (probleemkinders) wat vir ‘n skoolvakansie na ’n perdeplaas gestuur word om belangrike lewenslesse te leer.

Rassisme in skole is een van die rolprent se sentrale temas.

Bekende akteurs soos Hykie Berg en David Louw speel in die fliek.

Dit is ook die vierde rolprent wat deur Morné Lane vervaardig is en die draaiboek is deur David Louw geskryf.

Toegang beloop R35 per persoon en kinders onder ses jaar is gratis.

Dit beloof om pret te wees en die kerk nooi mense om hulle te ondersteun.

Skakel mnr. Jurie Naudé by 084 326 1885 of me. Cilanie Naudé by 082 781 2337.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button