Local newsNews

Harte en beursies oop vir Ané

’n Versoek om Vrydag pienk vir Ané te dra, is deeglik ter harte geneem.

Ané Terblanche se storie, soos berig in die Hoëvelder van 22 Mei, het verlede week groot reaksie in Ermelo gelok.

Lede van sakeondernemings, kleuterskole en die publiek was almal in pienk getooi.

Die Terblanche-bure het douvoordag opgestaan om hulle straat met pienk strikkies en ballonne te versier. Gewapen met tuisgemaakte kolwynjies wou die Terblanche-gesin die span by Melrow Apteek verras, maar, soos die Engelsman sê, “the joke was on them”.

’n Groot verrassing het op hulle gewag: met die intrapslag was daar ’n tafel getooi met geskenkies, ’n groot Minnie Muis-koek, briefies en pienk ballonne. Maar dit was almal se hemde wat Ané en haar gesin se asem weggeslaan het.

’n Afdruk van Ané se gesiggie het op elkeen se hemp gepronk en sy kon nie ophou staar nie.
Dit was ’n dol oggend. Almal wat die apteek binnegekom het, wou van Ané se storie weet en elke nou en dan is ’n hand in die sak gesteek om ’n geldjie uit te haal vir die donasieblik.

Ná ’n besoek aan die dokterspreekkamer langsaan om die tannies (wat ook Ané-hemde gedra het) met kolwyntjies te bederf, is Ané-hulle huis toe vir ’n welverdiende middagslapie. Later dié middag het Ané die ballonne in die wind losgelaat.

 

Vir meer oor Ané, kliek op die volgende opskrifte.

Dra pienk vir Ané

Ondersteuning vir Ané

 

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button