Ampath stel hulle kant van die saak
Ons verwys na die artikel wat in die Ridge Times, Vernon Waarsku, op 15 Mei verskyn het.
Ons verwys na die artikel wat in die Ridge Times, Vernon Waarsku, op 15 Mei verskyn het.
Ons is teleurgesteld dat ons nie die geleentheid gebied was om ingeligte kommentaar te kon lewer op die artikel voor dit gepubliseer was nie en ongelukkig bevat die berig onakkurate, asook verkeerde inligting.
Ampath is ten alle tye bereidwillig om deursigtig te reageer wanneer kommunikasie versoek word.
Ons het reeds dié aspekte en die inhoud van die artikel met die pasiënt asook verwysende geneesheer bespreek, aangesien ons die belange van ons pasiënte op die hart dra.
Die uwe
Dr. J.C. Senekal, Streeksbesturende vennoot.
* Die Ridge Times het op Maandag, 11 Mei kontak met Ampath Labratorium probeer kontak maak, maar die kontaknommer het nie gewerk nie.
Me. Diana Antonie van Ampath se hoofkantoor het die Ridge Times weer verwys na die labratorium by Mediclinic Highveld
“Ons kan nie kommentaar lewer nie omdat ons pasiënte se inligting vertroulik is.”
“Ons gaan kontak met ons prokureur maak en terugkom na julle toe,” het Ampath Labratorium gesê.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



