Local newsNewsReligionSchools

Yoti Die Griekse Boertjie tree by Laerskool Marietjie van Niekerk op

Vir meer inligting, skakel me. Marie Prinsloo by 082 904 0733 of me. Susan Maré by 079 526 9770.

BETHAL – Yoti Die Griekse Boertjie tree op 30 Mei om 6.30nm by Laerskool Marietjie van Niekerk op ten bate van die N.G. Kerk se Noordgemeente.

Die kerk bied ook ’n kaas-en-wynaand aan.

Kaartjies is by die kerkkantoor te koop en die kos R80 vir volwassenes en R40 vir kinders.

Yoti het met sy pragtige stem en warm verhoogpersoonlikheid, die harte van duisende musiekliehebbers verower.

Sy vertoning, sowel as sy verskeie albums in Afrikaans, Engels en Grieks, is deur die pers toegejuig.

Sy lied ‘Die Wit Angelier’, wat hy self geskryf het, het vir drie weke lank die gesogte nommer een posisie op Afrikaanse Treffers behou.

Sy vele televisie-optredes sluit programme in soos Teletreffers, Sing Country, Kraaines, Goeiemore Suid Afrika, Op

Versoek, Noot vir Noot, Muzik a laCarte, Wie se Wysie, Tussen Ons, Dix Sê, Dis hoe dit is, Belboks en spesiale Kersfees en oujaarsaand programme.

In Griekeland het een van die liedjies wat hy by die lnternasionale Musiekfees van Athene gesing het, die toekenning vir die beste Griekse komposisie deur ’n buitelander, gewen.

Hy is ook deur die ATKV met ’n trofee vereer vir sy bydrae tot Afrikaanse sang,

Yoti verskaf gesinsvermaak wat beslis die moeite werd is om te sien.

Hy hou sy gehore in vervoering met sy vrolike Griekse ritmes en opwindende, vreemde “bouzouki-klanke” terwyl hy die gehoor die ‘Zorba-dans” leer .

Hy is ’n voltydse, professionele beroepsanger wat vele geslaagde sangtoere onderneem het, asook talle pers, radio en TV-onderhoude gevoer het.

Lede van die kerk nooi die gemeenskap op saam met hulle borde te breek en die Zobra-dans te leer.

Vir meer inligting, skakel me. Marie Prinsloo by 082 904 0733 of me. Susan Maré by 079 526 9770.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button