CrimeEditor's choiceNews

Man vrygelaat na beweerde huisinbraak

’n Man is vrygelaat nadat die polisie nie genoeg bewyse gekry het om hom met ’n beweerde huisinbraak te verbind nie.

’n Man is vrygelaat nadat die polisie nie genoegsame bewyse gekry het om hom met beweerde huisinbraak te verbind nie.

Die voorval het op 1 Junie op die hoek van Berg- en Schwickardstraat plaasgevind.

Volgens die man het hy werk gesoek en nie probeer inbreek nie.

Hy het die hangslot nie gebreek nie, maar oop gevind.

Die huiswerker het hom vermoedelik op die erf gesien en Kasselman Veiligheidsdienste in kennis gestel.

Kasselman-beamptes het hom nie ver van die huis in hegtenis geneem.

Volgens mnr. Jannie Kasselman moes die polisie hom ten minste vir 48 uur aangehou het en sy agtergrondinligting verkry het voordat hulle hom vrygelaat het.

Die polisie het geen wapens, slegs sy selfoon en ’n paar munte, by hom gevind.

 

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button