Local newsNewsSchools

Onnie hou lyf ‘bedelaar’

Hy het die Liggies belowe dat hy by die verkeerslig naby die skool sal staan en vir hulle geld insamel omdat hulle die wintersport elke Saterdag so getrou ondersteun.

Die hoofafrigter van Ligbron Akademie vir Tegnologie se eerste rugbyspan, mnr. Kobus Stander, het sy woord gestand gedoen en sy lyf Maandagoggend “bedelaar” gehou as blyk van waardering aan die leerders vir hul volgehoue ondersteuning aan die skool se wintersportaktiwiteite.

“Ek het die Liggies belowe dat ek by die verkeerslig naby die skool sal staan en vir hulle geld insamel omdat hulle die wintersport elke Saterdag so getrou ondersteun.

“Ek het aanvanklik maar verleë gevoel om so in die spitsverkeer te staan, maar dit was nie vir lank nie. Wat ‘n positiewe ervaring was dit nie vir my nie! Ek wil elkeen wat daar stilgehou het, geglimlag en gelag het, toeter geblaas en ’n geldjie aangebied het, uit my hart bedank. Dankie vir die goeie gees en gesindheid waarmee julle my ontvang het.

“Dankie vir al die grappe en glimlagte en die Errie-ma wat vir my ’n koppie koffie gekoop het!” het hy op die skool se sosialemediablad geskryf.

Die geld wat ingesamel is, sal gebruik word om vir die leerders iets te koop of te gee om dankie te sê vir hulle getroue ondersteuning.

 

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button