Slingervel het onlangs weer geopen
Vir meer inligting, skakel die kantoor by 017 631 3656 of 017 634 6970.
Slingervel het op Saterdag, 13 Junie hul nuwe winkel in Scheepersstraat oopgemaak.
Volgens mnr. Mark Kruger, eienaar, sien hy uit na die toekoms van die winkel en is die winkel op ’n beter plek geleë met ’n groter parkeergebied.
Hy is al vir 18 jaar die eienaar van Slingervel en werk reeds 31 jaar daar.
Hy en sy span is gekwalifiseerd en sal die regte raad aan jagters kan gee.
Toekomsplanne vir die onderneming behels om oor 18 maande ’n herstelafdeling beskikbaar te stel waar jagters hul gewere vir herstelwerk kan neem.
Mense kan ammunisie, gewere, jagklere, messe, skoene, geweersakke, kluise, gewere en nog vele meer by Slingervel koop.
Ander toerusting wat hulle verkoop, sluit leersakke en ligte in.
Jag is een van mnr. Kruger se passies.
“Ek hou daarvan om in die natuur te wees en dit waar ek rustig is,” het hy gesê.
Volgens mnr. Kruger is spoorsny ’n uitdaging vir ’n jagter.
“Dit is ook ’n duur stokperdjie.”
Die grootste dier wat hy al geskiet het, was ’n buffel.
In sy vrye tyd lees hy graag jagtydskrifte.
Jag vereis baie oefening en jagters moet die wild respekteer.
“Die moeilikste deel van jag, is om die karkas van ’n dier te vervoer of om ’n dier wat jy gekwes het, te soek.”
Slingervel is weekliks vanaf Maandae tot Vrydae vanaf 8.30vm tot 5nm oop en op Saterdae vanaf 8.30vm tot 1nm.
Vir meer inligting, skakel die kantoor by 017 631 3656 of 017 634 6970.
Mense kan hulle ook op hul Facebookblad volg.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



