Local newsNewsReligion

AGS-kerk verwelkom die Büchlings

Die AGS Groeipunt-gemeente Ermelo het past. ZD Büchling en sy gesin in hul midde verwelkom.

Die AGS Groeipunt-gemeente Ermelo het past. ZD Büchling en sy gesin in hul midde verwelkom.

Die Büchlings het in Junie van Postmasburg in die Noord-Kaap waar hy as hoofleraar gedien het, na Ermelo verhuis.

Past. Büchling wat reeds 18 jaar ’n geordende pastoor is, is ook bekend vir sy twee-weeklikse verskyning op die TV-program Kruiskyk wat op die Openview HD-platvorm uitgesaai word.

Die Büchling-gesin sien baie daarna uit om die mense in Ermelo te ontmoet en verhoudings met hulle te smee.
Past. Büchling se intreepreek vind op 5 Julie om 10:00 by die AGS-kerk op die hoek van Sluiter- en Fouriestraat plaas.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button