CrimeEditor's choiceLocal newsNewsReligion

Generaal Tinus Gey van Pittius kom inwoners toespreek

Die toenemende aantal inbrake en geweldmisdade sal onder die loep kom en veiligheidsmaatreëls bespreek word om huis en haard te beskerm.

Inwoners word na ’n inligtingsessie op 10 Julie om 6nm by die Standerton Buiteklub genooi.

Gen. Tinus Gey van Pittius van die Ware Boere Weerstandsbeweging (WBW) sal die gasspreker wees en oor die beveiliging van plaasboere, sowel as gemeenskapsbeveiliging praat.

Die inisiatief is deur me. Hester Grint gereël.

Die toenemende aantal inbrake en geweldmisdade sal onder die loep kom en veiligheidsmaatreëls bespreek word om huis en haard te beskerm.

“Ek wil mense wakker laat skrik om uit hulle gemaksone te kom om bewus te wees van wat om hulle aangaan,” het gen. Gey van Pittius gesê.

Skakel me. Grint by 084 811 1936 vir enige navrae.

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button