Die Ridge Times het op Woensdag, 8 Julie oor mnr. Kobus du Plessis wat Laerskool H.M. Swart na 14 jaar verlaat, berig.
Personeel het onlangs mnr. Du Plessis met seer harte gegroet.
Hy gaan ’n onderneming saam met sy seun begin en sy boerdery uitbrei.
“Om skoolhoof te wees is ’n voorreg, nie ’n reg nie,” het mnr. Du Plessis gesê.
Hy het by die skool op 27 Augustus 2001 aangekom toe daar net 323 leerlinge was.
Mnr. Charles Pentz is die waarnemende hoof totdat die pos geadverteer word.
Mnr. Du Plessis het gesê mnr. Pentz is ’n baie bekwame mens en hulle het al die pad vir 14 jaar saam gestap.
Personeel het mnr. Du Plessis as ’n passievolle onderwysman beskryf.
“Kobus het dinamiese leierskap en toekomsvisie,” het mnr. Pentz gesê.
Hy het ook baie empatie met kinders gehad.
“Die skool gaan hom baie mis.”



