Die bekende jaarlikse veiling by Jim van Tonderskool word vanjaar in samewerking met BKB. op Dinsdag, 4 Augustus aangebied.
Dit vind op die skoolterrein plaas waar die gemeenskap die geleentheid kry om ’n wye verskeidenheid goedere uit te stal en te koop.
Landbou-implemente soos trekkers, sleepwaens, ploeë, planters, balers en vele meer kan van die hand gesit of gekoop word.
Daar is ook weer vanjaar ’n vee-afdeling en die los goedere-afdeling is gewoonlik ’n veilingsnuffelaar se droom.
Meubels, grassnyers, pompe, spuite of enige ander items is welkom.
Skakel mnr. Jan van Eeden by 082 879 0947.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



