BETHAL – Leerlinge het vandeesweek hul dank uitgespreek teenoor die gemeenskap wat gereeld skenkings aan hulle skole maak.
Mnr. Albert Swart, eienaar van Spur, het op Donderdag, 24 Julie 100 mussies aan die DA geskenk wat weer aan laerskole op die dorp oorhandig is.
Laerskool Marietjie van Niekerk en Laerskool H.M. Swart het elk 50 mussies ontvang.
Laerskool H.M. Swart se personeel het mnr. Swart en DA-lede vir die mussies, bedank.
“Ons waardeer elke bietjie baie.”
Die mussies is aan die leerlinge wat dit nodig het, uitgedeel en die mussies is in die kleure van die laerskole aangekoop sodat die kinders dit skool toe kan dra.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



