Local sportNewsSchoolsSport

Anke buig agteroor vir akrobate

Dié danser spog ook met halwe ere-kleure.

BETHAL – Anke Arlow (8) is Laerskool Marietjie van Niekerk se beste akrobatiese danser en het onlangs deurgedring na die interprovinsiale akrobatiese kampioenskap in Pretoria.

Sy het die wisseltrofee vir die tweede hoogste punte ontvang by die Mpumalanga Kampioenskappe.

Volgens haar ma, me. Christelle Arlow, het Anke by die Mpumalanga Kampioenskap ’n eerste plek behaal op haar vlak en in haar ouderdomsgroep, asook hoogste punt L1-7.

Haar punte by die Mpumalanga kampioenskappe het gemaak dat sy deur is na die interprovinsiale kampioenskappe.

Sy het met haar solodans (vlak 6) ’n punt van 9.46 gekry en ’n vyfde plek behaal.

By die Interprovinsiale het Anke haar seksie gewen, en volgens haar punt het sy gekwalifiseer vir die top 15 dansers van verskillende ouderdomsgroepe van agt provinsies en was die jongste danser in haar groep.

“Haar pa het die interprovinsiale kampioenskap vir die eerste keer vanjaar bygewoon en toe ek vir Anke vra vir wie sy gaan dans, het sy geantwoord ‘vir pappa en ouma’.”

Volgens me. Arlow was dit vir haar die kosbaarste omdat Anke se ouma, me. Ina Marx, verlede jaar skielik dood is.

Sy het as 6-jarige die eerste keer by Lorraine De Vos se dansskool aangesluit.

Anke neem jaarliks deel aan die dansskool se eksamens en het sover almal geslaag met onderskeidings.

Anke neem ook jaarliks aan die Lochali Kunswedstyd deel en het 2014 ‘n 2de plek behaal

Sy het binne ’n jaar vanaf vlak 2 na vlak 6 geskuif.

Dié danser spog ook met halwe ere-kleure.

Op skool presteer sy akedemies goed en blink uit in sport soos netbal, hokkie en atletiek.

Volgens Anke is dit vir haar die lekkerste om vir die gehoor te wys dat sy kan dans.

“My bene bewe, maar dan sê Tannie Lorraine de Vos net vir my dat ek kan,” het Anke gesê.

Sy oefen weekliks by die dansskool en daagliks by die huis.

“As ek televisie kyk, oefen ek my dans en as ek na my kamer of na die kombuis toe gaan, doen ek wawiele.”

Volgens me. Arlow is dit belangrik dat ’n akrobatiese danser uithouvermoë het.

“As ek soms net sien hoe Anke haarself kan buig, raak ek net bekommerd oor hoe sy uit daardie posisie gaan kom,” het me. Arlow laggend gesê.

Anke se inspirasie by die dansskool is me. De Vos omdat sy moeite doen met al die dansers en vir haar soos ’n tweede ma is.

“My ma inspireer my ook omdat sy altyd daar is en my oneinding lief het.

Sy ondersteun my met my danse en het altyd die beste raad.”

As Anke nie dans nie, ry sy graag saam haar pa fiets of speel pop by die huis.

Die sangeres, Juanita Du Plessis, is haar rolmodel omdat sy ’n voorbeeld is vir ander, mooi aantrek en ’n stem van goud het.

As sy eendag groot is, wil sy ’n dokter word en ook die ‘teachers-vlak’ in akrobate behaal.

“Ek wil ook nog die top 3-plekke by die interprovinsiale kampioenskap haal.”

Anke en haar ma wil net vir me. De Vos bedank vir al haar liefde, insette en ondersteuning.

Die jong danser het groot drome.
Die jong danser het groot drome.
Anke Arlow is die jongste danser in haar groep.
Anke Arlow is die jongste danser in haar groep.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button