Matriek-leerlinge se sprokiesaand is om die draai
Maak seker jy mis nie die funksie van die jaar nie.
BETHAL – Pieter Koen, die gewilde Afrikaanse sanger, gaan tydens Hoërskool Hoogenhout se matriekafskeid optree.
Dit vind op Donderdag, 20 Augustus by die skool plaas.
Nie net kan inwoners die sanger sien nie, maar ook saam met die matriekleerlinge hul spesiale dag vier.
Alle matriekleerlinge gaan by die skool op ’n loopplank loop en van daar af met ’n bus na Brunfelsia op die N17-snelweg vertrek.
Kaartjies kos R30.
Maak seker jy mis nie dié funksie van die jaar nie.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



