Local newsNews

Party ondersteun vroue

’n Video van die DA se visie vir 2029 is ook vir die bejaardes gewys.

BETHAL – DA-lede het onlangs vir die bejaardes by Silwerjare Tehuis vir Bejaardes kolwyntjies uitgedeel ten bate van vrouemaand.

Hulle het ook saam met die bejaardes gekuier en gehoor hoe dit met hulle gaan.

“Vroue speel ’n groot rol in die samelewing en dit is belangrik om vroue van alle ouderdomme raak te sien, ” het lede gesê.

Dit was vir almal heerlik om vir ’n slag weer saam te kuier omdat die lewe so gejaagd is.

“Die DA ondersteun vrouemaand en ek wil net vir al die vroue sê dat hulle kosbaar is en dankie vir wat julle daagliks vir die samelewing doen,” het me. Michelle Viljoen gesê.

’n Video van die DA se visie vir 2029 is ook vir die bejaardes gewys.

Die DA se lede ondersteun Vrouemaand. Hier is mnre. Tim Denny, Hennie Rademeyer en me. Michelle Viljoen.
Die DA se lede ondersteun Vrouemaand. Hier is mnre. Tim Denny, Hennie Rademeyer en me. Michelle Viljoen.

 

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button