Mark is om die draai
Die mark se hoofdoel is om iets vir die gemeenskap te bied en geld vir die kerk in te samel.
BETHAL – Dit is weer tyd vir die jaarlikse Pastoriemark van die N.G. Kerk Noordgemeente.
Die mark bied ’n groot verskeidenheid van stalletjies, verversings en speletjies.
Die derde Pastoriemark vind vanaf 1 tot 4 Desember op die kerkterrein plaas.
Mense wat kunstig is en unieke artikels of smaaklike produkte maak, is welkom om aansoek te doen om by die mark uit te stal.
“Dit is ook die ideale geleentheid vir mense om Kersinkopies te doen,” het die organiseerders gesê.
Die voorlegging van artikels/produkte moet op Vrydag, 30 Oktober ingedien word vir keuring.
Beperkte uitstalruimte is beskikbaar en daarom moet uitstallers nie te lank neem om aansoek te doen nie.
Die mark se hoofdoel is om iets vir die gemeenskap te bied en geld vir die kerk in te samel.
Skakel me. Marita Oosthuizen by 082 291 3558 of stuur ’n epos na maritao@vodamail.co.za of me. Ella Louw by 072 548 1329 en eposellalouw13@gmail.com.
Inskrywingsvorms is by die kerk beskikbaar.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



