Oud Errie presteer
Oud-Errie, Wiwe Ras-Pretorius, is tydens ’n seremonie in die Paarl aangewys as onderwyser van die jaar.

Oud-Errie, Wiwe Ras-Pretorius, is tydens ’n seremonie in die Paarl aangewys as onderwyser van die jaar.
Wiwe wat by die Desmond Tutu Senior Sekondere Skool (DTSS) in die Paarl skoolgee het met die louere in die katagorie vir die Wynland se beste sekondere onderwyser weggestap.
Meeste mense ken haar as die flambojante drama onderwyser, met haar swart-en wit uitrustings, asemrowende hoede en interessante haarstyle wat menigte studente deur die jare die kuns van drama en dans geleer het.
Edwin van der Walt van die Ballade vir ’n enkeling rolprentfaam is as skoolseun deur Wiwe geskoei.
In die laaste 11 jaar was Wiwe die rots waarop die Drama klasse by DTSS gebou is en in haar vryetyd sy gee ook privaat drama onderrig aan leerders van ander skole in die Paarl.
Wiwe is ook ’n gesertifiseerde nationale eksaminator in die dramatiese kunste vir die Departement van Onderwys.
Wiwe sal volgende week aan die provisiale ronde van die kompetisie wat jaarliks deur die department van onderwys aangebied word om onderwysers wat hul lewens aan hul beroep wy te beloon, deelneem en hoop ook om deur te dring na die nasionale ronde wat later vanjaar plaasvind.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



