Marietjie Skool het jou hulp nodig
Hierdie jaar se Lentemark by Marietjie Skool gaan groter en beter wees.

SECUNDA – Marietjie Skool het ekstra geld nodig en daarom het hulle besluit om weer ‘n lentemark te hou.
Die jaarlikse lentemark vind vanaf 22 tot 28 September op hul skoolterrein regoor die Sasol Sportterrein plaas.
Voornemende kopers kan gerus die rigtingbordjies langs die strate volg.
Die mark sal daagliks vanaf 9 vm tot 7 nm oop wees.
Uitstallers landwyd gaan hul unieke handgemaakte produkte by die mark uitstal.
Vanjaar spog die mark met ‘n rekord aantal uitgesoekte uitstallers.
Goeie nuus is dat daar ook meer betaalpunte gaan wees.
Die teetuin bied daagliks heerlike tuisgebak aan en daar is ook daagliks wegneemetes beskikbaar.
Nuut op die spyskaart is tuisgemaakte, egte vleispatties vir hamburgers, ‘n biltongslaai asook ‘n hoenderslaai om van die heerlike kerrie en rys en sosaties nie te vergeet nie.
Daar sal ook vermaak vir die kinders wees.
Skakel die skool by 017 631 1474.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



