BETHAL – Die Pastoriemark wat jaarlikse deur die N.G. Kerk Noordgemeente gehou word, is weer om die draai.
Dit bied ’n groot verskeidenheid stalletjies, verversings en speletjies.
Die mark word vanjaar vir die derde keer aangebied en die organiseerders hoop om meer mense as vorige jare te sien.
Dit vind vanaf 1 tot 4 Desember op die kerkgronde plaas.
Mense wat kunstig is en unieke artikels of smaaklike produkte maak, is welkom om aansoek te doen om by die mark uit te stal.
“Dit is ook die ideale geleentheid vir mense om Kersinkopies te doen,” het die organiseerders gesê.
Die voorlegging van artikels/produkte moet op Vrydag, 30 Oktober ingedien word vir keuring.
Beperkte uitstalruimte is beskikbaar en daarom moet uitstallers nie te lank neem om navraag of aansoek te doen nie.
Die mark se hoofdoel is om iets vir die gemeenskap aan te bied en geld vir die kerk in te samel.
Skakel me. Marita Oosthuizen by 082-291 3558 of stuur ’n epos na maritao@vodamail.co.za, of skakel me. Ella Louw by 072-548 1329 of stuur ’n epos na posellalouw13@gmail.com.
Inskrywingsvorms is by die kerk beskikbaar.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



