ErrieUnie belê in tegnologie
Hul missie is om met behulp van ledegeld, donasies en borge in die opvoeding en onderrig van al die leerders van die skool te belê.
Die ErrieUnie het dit ten doel om alle persone, oud-Erries, Errie-ouers, oudonderwysers, onderwysers sowel as vriende van die EHS wat bande met die skool gebou en gebind het, deel van dié organisasie te maak.
Die unie is op 2 Augustus 2012 gestig en spog vanjaar met ’n groot ledetal.
Hul missie is om met behulp van ledegeld, donasies en borge in die opvoeding en onderrig van al die leerders van die skool te belê.
Die afgelope drie jaar het hul uitstekend in die doelwitte geslaag en dié jaar is geen uitsondering nie.
Verlede Woensdag het mnr. Jan Grey, oud-Errie en voorsitter van die ErrieUnie, ’n tjek van R60 000 aan die hoof, mnr. Pieter Grobler, oorhandig.
Die geld is uitsluitlik vir die installering van nog interaktiewe witborde in klaskamers.
Die hoof en personeel is baie dankbaar teenoor die unie wat in die EHS se toekoms belê.
“Ons waardeer elke lid se bydrae tot die ErrieUnie, dit maak die verskil in die EHS!”
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



