Leerlinge help met projek
Speelgoed word aan getraumatiseerde en gemolesteerde kinders gegee.
TRICHARDT – ’n Besoek aan die teddiebeerkliniek het me. Estelle Swart laat besluit om ’n “Care Bear”-tak vir die gebied te stig.
Hulle samel sagte speelgoed, lekkers, seep, waslappe en tandepasta in om dit weer aan gemolesteerde en mishandelde kinders in traumasentrums in ons omgewing uit te deel.
Daar is gevind dat dié kinders hul verhale en traumatiese ondervindings met die speelgoed deel.
Dit maak dit dus makliker om uit te vind wat die getraumatiseerde kind moes deurmaak.
Me. Swart het ’n uitdaging aan verskeie skole in die omgewing gerig om sagte speelgoed vir dié projek in te samel.
Die skool wat die meeste speelgoed ingesamel het, het as belonging R1 000 ontvang.
Laerskool Trichardt was die enigste skool wat die uitdaging aanvaar het en het dus ook die beloning ontvang as blyk van waardering vir hul bydrae.
Me. Swart het gesê: “Deur kinders van vroeg af leer om te gee, leer ons ons kinders om naasteliefde te betoon en simpatie met getraumatiseerde en gemolesteerde kinders te hê.”
Skakel 083 652 7727 vir meer inligting.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



