Motorfietsryers samel geld in om Bybels te koop
Motorfietsryers van die omgewing het ook die dag bygewoon.

TRICHARDT – Die Voyagers en die Alder Fathers Motorfietsklubs het Saterdag, 1 Oktober vir ’n goeie doel saamgewerk.
Hulle het ’n “Bible Run” by Our Place aangebied om geld vir past. Jackie van Dyk van die CMA Motorfietskerk in te samel om meer Bybels te koop.
Volgens lede is dit die eerste keer dat die funksie aangebied word en hulle beplan om dit weer volgende jaar te doen.
Motorfietsryers van die omgewing het ook die dag bygewoon.
“Dit is belangrik om na ons kerke uit te reik en in dié geval, help ons ook met die verspreiding van Bybels,” het ’n lid gesê.
Daar was iets vir almal om te doen en lede het ook gesê dat dit die eerste keer was dat die twee motorfietsklubs saamwerk.


Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



