Susan Coetzer neem gaste op ’n skoenreis
Bykans 200 gaste het die geleentheid in die EHS Ouditorium bygewoon met Susan Coetzer wat hulle toegespreek het met die tema "skoene".
Die gr. 10-inwoners van Nelstehuis het Saterdag hul jaarlikse ma- en dogtertee aangebied.
Bykans 200 gaste het die geleentheid in die EHS Ouditorium bygewoon met Susan Coetzer wat hulle toegespreek het met die tema “skoene”.
Susan het almal op reis geneem met skoene van dankbaarheid, vrede en goedhartigheid. Die hele gehoor is betrek met staaltjies wat almal laat skater het, maar daar was tog ’n ernstige ondertoon met ’n besondere boodskap.
Die gaste het skoene saamgebring waarin hulle klaar gestap het, sodat iemand anders daarin kon loop.
Die Nelsies sal al die pare skoene wat so bymekaargemaak is, aan minder-bevoorregtes skenk.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



