Local newsNews

VLU-tak vier 87 jaar

Voorsitter het bedank.

BETHAL – Me. Annemarie Bothma, voorsitter van die Vroue Landbou-unie (VLU) se tak op Bethal, het bedank.

Dit is tydens die onlangse maandvergadering aan lede meegedeel.

Me. Bothma tree uit om gesondheidsredes en omdat sy na Springs verhuis.

“Ek maak Desember klaar en groet die vroue met ’n seer hart.

“Ek het geheg geraak en lief vir hulle geword,” het sy gesê.

Die nuwe komitee word in November gekies.

Artikels vir die maandelikse kompetisie is beoordeel.

Me. Engela Scheepers het 81 persent in die klapperblokkiesafdeling behaal en me. Wilna Redelinghuys 75 persent.

Me. Scheepers het met 80 persent in die somerslaai-afdeling uitgeblink en me. Annetjie Fourie het 78 persent gekry.

Me. Redelinghuys het tydens die Suid-Afrikaanse Vroue Landbou-unie (SAVLU) se kompetisie 78 persent vir haar gemaakte tekkies gekry.

Die tak het ook hul 87ste verjaardsdag, sowel as me. Ansie Maritz se 88ste verjaarsdag gevier.

Me. Bettie Jordaan van die Bethal Biblioteek het vroue gewys hoe om papierblomme te maak en te versier.

Volgens haar is dit ’n maklike manier om ’n tafel mooi te laat lyk en dit is goedkoop.

Al wat ‘ mens nodig het, is papier, ’n skêr, gom, sosatiestokkie en versiersels.

Die laaste vergadering van die jaar vind op 18 November by die biblioteek se ouditorium plaas.

Me. Bettie Jordaan het vroue gewys hoe om hul eie papierblomme te maak en te versier.
Me. Bettie Jordaan het vroue gewys hoe om hul eie papierblomme te maak en te versier.

 

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button