Spoiings 2015 maak EHS trots
Spoiings verskyn reeds vanaf 1999 en die Erries is besonder trots op dié bundel skryfwerk.

Die Erries se spog-skryfblad, Spoiings, is verlede week vrygestel.
Spoiings is ’n bundel wat bestaan uit al die beste opstelle van die leerders.
Die tema van vanjaar se Spoiings is “Sprei jou Vlerke” en die voorblad, geteken deur gr.12-leerder Anneke Stoop, sluit mooi by dié tema aan.
Die redakteur van vanjaar se Spoiings, Anja Hattingh, skryf die volgende in haar voorwoord: “God het hierdie talent vir ons gegee, ’n talent om gevoelens en waarnemings in woorde om te sit. Hierdie talent gee ons die kans om vrye teuels te gee aan al ons gedagtes, sodat ons gedagtes omskep kan word in pragstukke – stukke wat mense se asems wegslaan. Vele mense wonder selfs of dit werklik hoërskoolleerders is wat sulke stories kan neerpen.”
Spoiings verskyn reeds vanaf 1999 en die Erries is besonder trots op dié bundel skryfwerk.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



