Dis nie net matrikulante wat hul laaste 40 dae vier nie.
Die gr. R-groepie van Haas Das Kleuterskool het op 30 Oktober juis so gemaak. Elke jaar hou die groepie ‘n braai by die skool, maar die hoof, me. Lala Fick, het besluit dis tyd vir iets anders en al die kleuters is Maxi’s toe.

Die verrigtinge het om 9vm begin en daar was genoeg vermaak vir die kinders om heeldag daar te wees.
Die werkers van Maxi’s het soos narre aangetrek en saam in die pret gedeel.
Elke kleuter is met ‘n melkskommel en gesigverf bederf en daar was ook ‘n springkasteel vir die woelige jongklomp.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



