Local sportNewsSchoolsSport

Summerfields skool bied gholfdag aan.

Foto gallery: Die winderige toestande het die spelers se vernuf deeglik beproef.

Die Summerfields Privaat Skool het Saterdag ’n twee-bal beter-bal gholfkompetisie op die Ermelo gholfbaan ten bate van die skool se skoolfonds aangebied.

Die winderige toestande het die spelers se  vernuf deeglik beproef maar die wedstryd is in goeie gees afgehandel.

Chanté Boonstra en Janice Swanepoel het saamgespan om ’n wenkombinasie te vorm en in die eerste plek geëindig op 47 punte.

L.Vellema en W. le Roux  was in die tweede plek op 46 punte en Hans de Wet en Frikkie Petersen op 35 punte is derde geplaas.

Gerhard “Oros” van der Walt en Leon van Rooyen op 44 punte het die vierde plek ingeneem.

Pryse vir naaste aan die pen is toegeken aan Rashaad Tikly (nr 4), Stephen van der Bank (nr 6) en Thami Selbea (nr 16).

Rashaad Tikly het ook die langste dryfhoue op die derde en vyfde bowwe  in die mans afdeling behaal.

In die vroue afdeling het Chanté Boonstra die langste dryfhou op die negende bof geslaan terwyl Janice Swanepoel dié prestasie op die 18 de bof behaal het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button