BETHAL – Die Volle Evangelie Kerk, Lighuis Bethal, het onlangs van past. Jannie van Loggenberg afskeid geneem na twee jaar en Dr. Gert Venter verwelkom.
Dr. en me. Daphne Venter is die afgelope 38 jaar in die bediening.
“Ek was in die laaste paar jaar aan die teologiese kweekskool op Irene, ’n kampus van Noordwes Universiteit, verbonde waar ek verantwoordelik was vir kurrikulumontwikkeling,” het Dr. Venter gesê.
“Ek was die departmentshoof van afstandstudie en ’n dosent in teologie.”
Dr. Venter, ’n voormalige landdros, dien op verskeie rade in die kerk.
Hy is lid van die uitvoerende raad se parlementariërraad, die sekretaris van die nasionale evangelisasie en die Isakraad en ’n lid van die kweekskool se fakulteitsraad.
Hy is ’n direkteur van die professionele liggaam ASCHP en die sekretaris van die Raad van Beraders in Suid Afrika.
Me. Venter het haar teologiese kwalifikasies in Engeland verwerf en is die skrywer van verskeie boeke.
Sy het onlangs die boek, A Call to Intercede, vrygestel.
Haar boeke oor haar navorsing van die Boek van Openbaring en Hooglied van Salomo, is voorgeskrewe werke vir teologiese studente.
Volgens Dr. Venter is sy doel vir die kerk om hulself aan uitnemendheid te verbind en ’n transdissiplinêre paradigmaskuif in die gemeenskap te maak.
“Ons wil steeds betrokke bly en die gemeenskap bedien,” het Dr Venter gesê.
Die gemeente is geleë in Stasieweg 712.
Vir meer inligting, skakel Dr. Venter by 072 336 6827.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 590c76a8
WhatsApp – 0793644185



