Kom hartseer te bowe
Hulle wil dus vir mense die geleentheid skep om in ’n privaat/gemaklike omgewing oor hul seer te praat.
Die Trauma-ondersteuningskampe het ontstaan nadat me.Elize Perrin, predikantsvrou van Victoria-Wes, se broer in 2012 vermoor is.
Sy het die behoefte ondervind om persone in soortgelyke situasies te help, geen mens moet met soveel seer deur die lewe gaan nie.
Die doel is om persone te help om genesing te vind.
Praat oor soveel seer is nie maklik nie, maar noodsaaklik.
Om die seer en trauma te onderdruk veroorsaak dat dit later “oopbars”.
Hulle wil dus vir mense die geleentheid skep om in ’n privaat/gemaklike omgewing oor hul seer te praat.
Aangesien almal in min-of-meer dieselfde situasie is, verstaan hulle mekaar se pyn.
Terugvoer wat van vorige kampe verkry is:
• Ek verstaan myself nou beter en weet hoekom ek in ’n bepaalde situasie op ’n bepaalde manier opgetree het.
• Ek voel baie ligter na die kamp.
• Die kamp het my toegerus vir die toekoms.
• Ek weet nou hoe om sekere situasies te hanteer.
Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



