Local newsNewsSchools

Helpende Hand deel skooltasse uit

Talle gr. 0-leerlinge en kleuters het ook rugsakke ontvang.

BETHAL – Die plaaslike tak van Helpende Hand het onlangs 46 skooltasse aan behoeftige gr. 1-leerlinge van albei laerskole op Bethal uitgedeel.

“Ons mikpunt is om behoeftige leerlinge se eerste skooljaar op ’n gelyke voet as ander te begin.

“Hulle moet nie uitvoel nie en hulle moet ook in die geluk van jou eerste skooldag deel,” het lede gesê.

“Helpende Hand glo dat armoede aangespreek kan word deur in opleiding te belê.”

Altesaam 15 ander leerlinge van verskeie skole het ook tasse en nodige skoolbenodigdhede ontvang.

Talle gr.0-leerlinge en kleuters het ook rugsakke ontvang.

“So skop die nuwe skooljaar op ‘n hoë noot af vir hierdie leerlinge wat vol selfvertroue 2016 kan aanpak by hul onderskeie skole.

“Ons wens hul alle voorspoed toe met die nuwe skooljaar.”

Deur ’n R50 maandelikse bydrae, kan die organisasie ander help.

In 2015 het Helpende Hand in geheel onder andere die volgende vermag:

• R26 miljoen se studielenings aan 1 430 studente uitgedeel.

• 4 762 graad eens is van ‘n splinternuwe skooltas met die nodige skryfbehoeftes voorsien.

• 4 544 kleuters is elke dag van ‘n bord kos voorsien, soms is dit die enigste kos wat hulle kry.

• 3 321 behoeftige dogters het maandeliks sanitêre ware verkry sodat hulle nie skool mis nie.

• 1 060 wiskunde-onderwysers is van die nuutste kennis voorsien.

• 144 Helpende Hand-takke landwyd is aan die gang gehou (takke het vanjaar 1 010 formele projekte ten bedrae van R 1 171 966 afgehandel).

• R463 256 is aan die behoeftes van behoeftige kinders bestee.

• Die maatskaplike werker het 568 aanmeldings hanteer.

• Vier nuwe skenkingskantore is oopgemaak (daar is tans 18 landwyd).

• Twee gemeenskapsentrums is op die been gebring waar kinders hulp met huiswerk, kos en aktiwiteite kan geniet (Strand en Booysens).

• 159 000 Afrikaanse kinders se wiskunde-prestasie is positief beïnvloed danksy die skole-ondersteuningsentrum.

• 78 assistentonderwysers is in Afrikaanse skole geplaas om klasse wat te groot is, te bestuur.

• Apps is vrygestel wat 16 726 kinders gehelp het om te leer lees.

• Waardige bejaarde persone is vereer vir hulle harde werk met ons Silwerkroon-projek.

Hierbenewens is verskeie nuwe ondersteuners deur takke gewerf en is baie informele projekte ook hanteer.

Helpende Hand het ook met verskeie ander groepe genetwerk.

Al hierdie suksesse is stegs moontlik indien hulle ondersteuners het wat hierdie aksies ondersteun, met so min as R50 per maand kan enige persoon ook so help om ‘n verskil te maak.

“Baie dankie aan elkeen van ons ondersteuners, skenkers en borge sowel as elkeen van die motorfietsklubs en groepe wie met ons netwerk, ons waardeer julle.”

Skakel me. Sanette Henning, voorsitter, by 082 300 4835.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button