Mnr.Jansen sluit by Laerskool Trichardt aan
Groot doelwitte vir Laerskool Trichardt.
TRICHARDT – Laerskool Trichardt het hul nuwe adjunkhoof, mnr. Conré Jansen, verwelkom.
Mnr. Jansen woon al vir 16 jaar op Trichardt en is reeds sedert 1994 in die onderwys betrokke.
“Ek geniet dit om ’n verskil in ’n kind se lewe te maak, in die klaskamer of op die sportveld.”
Mnr. Jansen rig tans atletiek, rugby, krieket en gholf af.
Hy speel ook self gholf en geniet dit om fiets te ry en tyd saam met sy vrou en twee kinders in die natuur deur te bring.
Sy doelwitte vir die leerlinge van Laerskool Trichardt is om meer kinders betrokke te maak om aan sport en kultuur deel te neem.
“Ons wil graag gelukkige kinders uitstuur en glimlagte op hul gesigte sien.
“Dit is vir my ’n groot voorreg om deel van Laerskool Trichardt te wees.
“’n Skool met ’n pragtige kultuur, mooi tradisies, vriendelike personeel en opgeruimde kinders.”
“Dit is belangrik om selfvertoue by kinders te kweek,” het mnr. Jansen vertel.
Hy glo ook daaraan dat die impak van ’n onderwyser op ’n kind se lewe baie belangrik is.



