MunicipalNews

Water stroom overpoosd op werkswinkel se sypaadjie

Klante moet oor die water spring wat die sypaadjie toestroom.

Water stroom op die sypaadjie sedert Oktober verlede jaar voor Ritchie se Hyundai werkswinkel in Burgerstraat.

Die motorwerktuigkundiges het aan munisipale bakkies gewerk en dit onder hul aandag gebring dat die water lek.

Die munisipale werkers het gesê hul sal kom kyk, maar nog niks omtrent die saak gedoen nie.

Volgens mnr. Jan Nichols het die vroue by die werkswinkel ook al die munisipaliteit geskakel om dit aan te meld.

Klante moet oor die water spring wat op die sypaadjie vloei.

In die oggende is dit ’n smal stroompie, maar later in die dag is daar meer water.

Mnr. Nichols is bekommerd oor al die water wat gemors word.

“Dit lyk nie soos baie nie, maar as dit vir drie maande aaneen uitstroom, word dit baie,” het hy gesê.

Die Lekwa Munisipaliteit het nie kommentaar teen druktyd gelewer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button