Local newsNews

Wat vir ’n ding is ’n vox pop?

Joernaliste gaan uit en kry enige persoon om deel te neem.

“Wil jy deel van hierdie week se vox pop wees?” is ’n vraag wat al aan baie lede van die gemeenskap gevra is.

Hul eerste reaksie is gewoonlik om te wonder wat dit is.

Volgens Wikipedia is ’n vox pop ’n afkorting van vox populi wat beteken die stem van die mense.

’n Vox pop is ’n kort onderhoud met alledaagse mense.

In hierdie tipe onderhoud kan jy jou mening op ’n informele manier lug.

Joernaliste gaan uit en kry enige persoon om deel te neem.

Al wat die onderhoud behels is ’n foto, naam, van, ouderdom en mening.

Dit is ook onverwags.

Almal van elke ouderdom, geslag en ras kry ’n kans want almal is tog geregtig op ’n mening.

Vox pops word gebruik om lesers se reaksie en mening te kry.

Die Standerton Advertiser is al sedert Februarie doenig met vox pops.

As jy ooit een van die joernaliste sien rondhardloop met kameras, kry jy dalk die kans om in die volgende vox pop te wees.

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 5bf99755

WhatsApp – 0731082205

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button