Standerton onthou Divan
Divan het destyds by die skool ineengestort en is binne minute na ’n plaaslike dokter geneem, maar sy lewe is kortgeknip.
’n Jaar na die dood van Divan Joubert het Laerskool Standerton en Haas Das Kleuterskool op 20 April ’n boom geplant ter nagedagtenis aan dié gr. 1 leerling.
Ballonne is ook by die geleentheid in die lug opgestuur.
Divan het destyds by die skool ineengestort en is binne minute na ’n plaaslike dokter geneem, maar sy lewe is kortgeknip.

Die Joubert-gesin het in ’n persverkaring gesê dat alles moontlik vir hom gedoen is.
Lees die persverklaring HIER
Die nadoodse ondersoek het bevind dat sy organe gesond was, sy lugweg skoon en hy het geen bloeding of enige kneusings gehad nie.

Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.
Lees ook:
Ouers wil gerugte in die dorp tot einde bring



