Local sportNewsSchoolsSport

Leandri is Secunda se Springbokspiesgooier

Leandri het sedert gr. 6 jaarliks vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskap gekwalifiseer.

SECUNDA – Leandri Lamprecht is ’n Suid Afrikaanse spiesgooier en gr. 11-leerling van Hoërskool Secunda.

Sy het vanjaar gekwalifiseer om aan die ASA Junior Atletiekkampioenskappe aan die Southern Region Youth Championships deel te neem.

Leandri het sedert laerskool aan atletiek deelgeneem, maar het eers in gr. 6 begin spiesgooi.

“Ek het aan kortafstande deelgeneem, maar het nooit regtig goed daarin gevaar nie en nie gedink dat ek verder sal gaan met atletiek nie.

“In gr. 5 het ek en ’n maatjie ’n bal vir mekaar gegooi.

“Een van die onderwysers het ons dopgehou en toe vir my gesê dat ek die volgende jaar aan spiesgooi moet kom deelneem.

“Ek het in gr. 6 begin spiesgooi en is van daar af nog jaarliks deur na die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe,” het Leandri trots, maar nederig gesê.

Sy wil graag in Stellenbosch of in Pretoria by Tukkies gaan studeer.

Haar ideaal is om ’n mediese rigting te volg en ’n dokter te word.

As dié droom nie waar word nie, sal sy graag as ’n arbeidsterapeut wil gradeer.

“Vandat ek begin spiesgooi het, het dit jaarliks net beter gegaan.

“In gr. 8 het ek tydens die Suid-Afrikaane Kampioenskappe gewen.

“Ek het altyd gedroom daarvan om Springbokkleure te kry en noudat ek dit het, wil ek nog hoër mik en probeer om aan die Olimpiese Spele deel te neem.

In gr. 9 het sy haar netbal bal vir ’n hokkiestok verruil en is tans deel van die skool se eerste hokkiespan.

Spiesgooi is nie die enigste aktiwiteit waarin Leandri uitblink nie.

Sy was deel van die Nasionale Landsdiensspan, het al toneel gespeel en is jaarliks op die skool se akademiese Top 30-groep.

Leandri verteenwoordig ook haar skool deur aan driesprong, verspring, gewigstoot en aflos deel te neem.

Die 7-kamp was een van haar grootste uitdagings waaraan sy deelgeneem het, maar sy meen dat sy eerder op haar spiesgooi en hokkie moet konsentreer.

“My pa en oupa was albei baie goeie atlete.

“My oupa het met van sy spiesgooisertifikate by my gespog.

“Ons vermoed ek het my spiesgooitalent by hom geërf,” het Leandri met ’n groot glimlag vertel.

Sy is haar aftigter, mnr. Frik Stander, se vierde Springbokatleet.

Sy wil in gr. 12 meer op hokkie en haar akademie fokus omdat dit die laaste jaar is wat sy vir haar skool kan hokkie speel.

Sy wil dan op universiteit haar spies weer optel en fokus op haar groot droom, die Olimpiese Spele.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button