Nooddienste besoek Mini Miracle Kleuterskool
Hulle het ook vir die kinders op die gevare van vuur gewys.
SECUNDA – Die Mini Miracles Kleuterskool is op 22 Augustus deur die Reflective Risk-span en Secunda Brandweer besoek.
Hulle het vir die kinders gewys hoe om brandwonde te hanteer en basiese noodhulptegnieke is vir die kleuters geleer.
Een van die onderwysers, me. Yolandi Shields, het van die klimraam “geval” en daar is vir die kinders gewys hoe om só ’n noodgeval te hanteer.
Hulle het ook vir die kinders op die gevare van vuur gewys.
Mnr. Douw Botha het die lewenskake vir die kinders gewys en ook ’n demonstrasie oor hoe om ’n vuur te blus, gelewer.
Die kinders het al die noodnommers soos dié van die brandweer geleer.
Reflective Risk het aan elke kind ’n mini noodhulpsakkie gegee.



