Secunda-baba veg moedig om oorlewing nadat sy te vroeg gebore is
Dokters het bevind dat die baba onder stres is endie ma die keuse gegee om óf te aborteer of die baba op 26 weke te hê, wat ernstige gevolge kon inhou.
Elmorè Viljoen is te vroeg gebore en haar armpie pas in haar ma, me. Elsjeny Viljoen, se trouring.
Sy is ’n maand oud en veg om haar lewe sedert haar geboorte op 22 April in die neonatale intensiewe sorgeenheid van die Mediclinic Highveld.
Me. Viljoen het vroeg in die swangerskap komplikasies ontwikkel omdat sy geen vrugwater in haar baarmoeder gehad nie en haar bloeddruk te hoog was.
Twee weke voor Elmorè se geboorte, het dokters me. Viljoen daarop begin voorberei dat haar baba vroeër as wat verwag is, gebore gaan word omdat die tekort aan vrugwater die baba se spasie en beweging beïnvloed.
Sy moes steroïedes gebruik sodat die baba se longe vinniger kon ontwikkel.
Toe me. Viljoen vir die tweede keer vir steroïedes teruggegaan het, is sy opgeneem omdat haar bloeddruk lewensgevaarlik hoog was.
Dokters het bevind dat die baba onder stres is en me. Viljoen is die keuse gegee om óf te aborteer of die baba op 26 weke te hê, wat ernstige gevolge kon inhou.
Die Viljoen-gesin het die opsies en gevare oorweeg en besluit om Elmorè ’n kans op lewe te gee.
Elmorè het net meer as 500g geweeg en haar longetjies en derms was onderontwikkeld en haar bloedtelling was laag.

Sy is na meer as vier weke steeds in die intensiewe sorgeenheid en het al twee keer bloed ontvang.
Haar longetjies het wel versterk, maar die probleem met haar derms is nog nie opgelos nie.
Die gesin beskik oor ’n mediese fonds, maar dit betaal nie al die prosedures wat Elmorè al ondergaan het nie.
Elmorè se oumas reël geleenthede om geld vir Elmorè se mediese rekeninge in te samel om die finansiële las op haar ouers te verlig.
Vir meer inligting, skakel me. Santjie Viljoen by 079 497 0618.
Lees die volledige berig in die Ridge Times.
Lees ook: Casey veg TB Meningitis met ’n glimlag
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



