Local newsNews

Groot planne vir verjaardagpartytjie vir Bethal-seun wat erg gebrand het

Kyle was vir meer as twee maande in die hospitaal na veloorplanting en kom eersdaags huis toe.

Dit blyk of Kyle Werner, die 10-jarige seun van Laerskool H.M. Swart wat vroeër vanjaar brandwonde by sy huis opgedoen het, betyds tuis sal wees vir sy 11de verjaarsdag.

Kyle is sedert 4 Maart in die Netcare Clinton Hospitaal op Alberton nadat hy erg gebrand het.

Die gebrande weefsel op die wonde moes geskraap word en hy het verskeie kere bloedoortappings nodig gehad.

Nadat die wonde skoongemaak is, het Kyle ’n reeks veloorplantings ondergaan om die vel waar hy derdegraadse brandwonde op sy arm, bene, bolyf en boude opgedoen het, te vervang.

Die gesin het op 22 Mei bevestiging gekry dat dr. Caraphina van Netcare Clinton Hospitaal tevrede is met die oorgeplante vel se vordering en dat die res van die wonde self sal genees en dat hy voor sy verjaardag op 3 Junie by die huis sal wees.

’n Groep van Kyle se vriende het besluit om Kyle se verjaarsdag deeglik te vier en hou vir hom ’n verjaarsdagpartytjie om hom by die huis terug te verwelkom.

Me. Jossy Jonker staan die Werner-gesin by sedert Kyle se brandongeluk en reël die partytjie.

Kyle is ’n groot motorfietsliefhebber en daarom word elke persoon met ’n motorfiets genooi om op 3 Junie by Prost Delicatessen op Secunda saam te gaan partytjie hou.

Daar word beplan om Kyle op ’n motorfietsrit te neem.

Om ’n bydrae te maak of om betrokke te raak by Kyle se verjaarsdagpartyjiereëlings, skakel me. Jonker by 072 619 8538.

Lees die volledige storie in die Echo.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button