Bethal Sopprojek sien om na behoeftige Bethallers in die winter
Behoeftige Bethallers word genooi om elke Saterdag om 12nm by die ACK Kerk in Wesstraat, Bethal-Noord, of buite Spar sop te gaan kry.
Die jaarlikse Bethal Sopprojek het op 6 Mei by die ACK Kerk afgeskop.
Bykans 80 liter sop is uitgedeel, asook mieliemeel en wildsvleis wat aan die projek geskenk is.
Die projek is in sy vierde bestaansjaar.
Behoeftige Bethallers word genooi om elke Saterdag om 12nm by die ACK Kerk in Wesstraat, Bethal-Noord, of buite Spar sop te gaan kry.
Die sop word in emmertjies gegee wat inwoners moet terugneem om weer sop te ontvang.
Ds. Henk Grobler en Bethal Spar is bedank vir hul bydrae tot die sopprojek, asook dat hul persele gebruik mag word as afsetpunte.
Elke persoon wat bygedra en gehelp het, is ook bedank.
Daar word ’n beroep op die gemeenskap gedoen vir skenkings van soppoeier, groente, pasta vir die sop, asook brood en mieliemeel wat saam met die sop uitgedeel kan word. Vir meer inligting, skakel me. Michelle Rademeyer by 060 491 7038 of 076 531 3587.



