Local newsNews

Bethal VLU maak reg vir 2018-konferensie

Dié konferensie word slegs elke agt jaar op Bethal aangebied.

Die VLU Bethal-tak het op 16 Mei hul maandelikse vergadering in Hoërskool Hoogenhout se Hotelskool se lapa gehou.

Me. Ysabel Snyman het ’n demonstrasie gelewer oor hoe om ’n kniekombersie te maak sonder om ’n naaldwerkmasjien te gebruik.

Die VLU-konferensie wat in Maart volgende jaar op Bethal aangebied word, is ook bespreek.

Dit gaan ’n belangrike gebeurtenis wees omdat só ’n konferensie slegs elke agt jaar op die dorp gehou word.

Belangstellendes wat graag meer oor dié konferensie wil uitvind of ’n bydrae wil maak, kan me. Ester Booysen, voorsitter, skakel by 083 362 0025.

Die volgende vergadering vind op 20 Junie om 2nm in die Hoërskool Hoogenhout se lapa plaas.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button