Local newsNews

Osteoartritis-leier van Secunda is te bang sy breek haar been as sy loop

Selma Swanepoel moet dringend ’n heupvervanging ondergaan, maar kan dit nie bekostig nie.

Me. Selma Swanepoel is met ’n ontwrigte heup gebore en sou in elk geval ’n heupvervanging moes ondergaan, maar sy was ook in ’n ernstige motorongeluk toe sy nog op skool was waartydens die een helfte van haar lyf verlam gelaat is.

Me. Swanepoel moes weer leer praat, loop en vir haarself sorg en kon eers na lang maande se rehabilitasie terug skool toe gaan.

Sy sukkel steeds met vierdegraadse osteoartritis en in die afgelope twee maande het haar heupprobleem só vererger dat sy nou met ’n kruk moet loop.

Volgens haar dokter is haar heupbeen só verweer, dat sy nie eers meer ’n ronde heuppootjie het nie, maar plat been wat op been skuur elke keer as sy haar been beweeg.

“Ek was verlede week weer by my dokter en hy het verduidelik dat my heuppootjie só verswak het, dat my been enige tyd kan breek wanneer ek loop.

“Ek het ’n kruk gekoop en probeer nou so versigtig as moontlik loop, maar is bang dit is nie genoeg nie.”

Die pyn waaroor me. Swanepoel twee maande gelede nog so dapper gepraat het, is nou byna ondraaglik.

Volgens ’n spesialis wat me. Swanepoel ondersoek het, is haar enigste oplossing ’n heupvervanging.

Die probleem is egter dat haar mediese fonds nie vir die operasie betaal nie.

“Ek het in Januarie ’n kwotasie gekry en die operasie sou my toe reeds meer as R40 000 gekos het, maar ek het nie soveel geld nie.”

As jy kan help, skakel Willemien by 072 223 9851 of epos na reporter3@echoridge.co.za.

Lees volledige berig in die Ridge Times.

Lees ook: Leechelle se operasie ’n groot sukses

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button