Mnr. Errol en me. Petro Groenewald waarsku die gemeenskap teen mense wat rondry en werk soek.
Hulle het in Februarie ’n stel afgetrap met ’n man wat homself as die eienaar van ’n swembadonderhoudingsmaatskappy voorgestel het.
“Hy het een Saterdag by ons huis verbygery en gesien ons het sonverhitting vir ons swembad.
“Hy het homself voorgestel en gesê as ons ooit nodig het om herstelwerk aan die panele te laat doen, dat hy vir ons die werk kan doen,” het mnr. Groenewald gesê.
Op daardie stadium het die een sonpaneel gelek en mnr. Groenewald het ’n kwotasie aangevra om dit te laat herstel.
Die Groenewalds het die kwotasie aanvaar en na die werk voltooi is, die bedrag van die faktuur betaal met “’n ietsie ekstra”.
“Hy het gom aan die paneel wat gelek het, gesmeer en ’n duisend rand daarvoor gevra.”
Die man het gesê dat die verhittingstelsel eers twee dae later aangeskakel moet word en mnr. Groenewald het besef dat die paneel steeds lek en het die man in kennis gestel.
“Hy het weer kom kyk en gesê dat die hele paneel vervang moes word.
Lees die volledige artikel in die Ridge Times.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



