Local newsNews

Vermy wegholbrande op die Hoëveld deur dié wenke te volg

Maak skoon rondom werkershuise en maak seker dat die werkers weet wat die reëls ten opsigte van brandvoorkoming is, dit is veral in die winter met konkas wat gebrand word en as wat uitgegooi word wanneer wegholbrande ontstaan

Volgens Lekwa Brandbeskermingsvereniging (LBBV) kan dit help om brande effektief te bestry deur die volgende stappe te volg:

Vereistes op eie werf:

• Sorg dat veld rondom plaasopstal en geboue kort gesny is, of heeltemal skoon is.

• By ’n grasdakwoning sal die vereistes baie strenger wees.

• Maak rondom ’n asgat skoon deur te skoffel, indien die asgat gebrand moet word moet die bure in kennis gestel word en die nodige toerusting moet aanwesig wees.

• Maak brandpaaie om eiendom, gesamentlike brandstroke mag gemaak word indien daar skriftelik ooreengekom word met bure.

• Maak skoon rondom werkershuise en maak seker dat die werkers weet wat die reëls ten opsigte van brandvoorkoming is, dit is veral in die winter met konkas wat gebrand word en as wat uitgegooi word wanneer wegholbrande ontstaan.

Reëls ten opsigte van die brand van brandstroke of die brand van weiding as deel van die weidingsbestuursprogram:

• Gee alle bure skriftelik kennis, daar moet ooreengekom word oor ’n aanvaarbare datum, gee ook kennis van alternatiewe datums indien dit nie in een dag afgehandel kan word nie.

• Reël dat die bure teenwoordig is en maak die brandstroke saam, die wet bepaal dat die buurman se brandstroke op dieselfde dag moet maak.• Indien die buurman vir langer as 14 dae weg is wanneer daar gebrand word, moet hy die eienaar van ‘n adres en telefoonnommer voorsien waar hy gekontak kan word.

• Moenie brand as die wind waai of toestande so is dat brande kan weghol nie, moet nooit dink die wind te lig is om ‘n probleem te wees nie.

• Gee kennis aan die brandvereniging dat gebrand gaan word.

• As veld gebrand word as deel van ‘n bestuursprogram, geld dieselfde reëls, daar geld dan ook verdere reëls nadat die veld gebrand is ten opsigte van die benutting van die veld en die veld mag nie dadelik bewei word nie
Optrede om brande te bestry:

• Enige grondeienaar (en sy personeel) moet alle redelike stappe neem om aangrensende grondeienaars in kennis te stel van die brand, en moet alles in sy vermoë doen om te verhoed dat die brand na aangrensende grond versprei.

• Enige persoon wat glo dat ‘n brand eiendom, lewe en die omgewing in gevaar stel, kan tesame met ander persone onder sy beheer die grond betree ten einde die brand te blus en verhoed dat dit versprei.

So ’n persoon in beheer wat glo dat die brand ’n lewensgevaar is, het reg tot die volgende stappe:

• Enige grond betree

• Bome, gras, oesgewasse of plantegroei vernietig

• Enige perseel betree of breek en betree

• Enige persoon verhinder om ‘n perseel te betree

• Enige persoon wat in gevaar verkeer of wat hom in die uitvoering van sy pligte hinder met geweld verwyder
Enige ander voertuig of ding te verwyder of te gelas dat dit verwyder word.

• Persone en voertuie opkommandeer om behulpsaam te wees met die bestryding

Daar rus ’n groot verantwoordelikheid op die persoon in beheer en die regte moet met groot omsigtigheid gebruik word.

Bespreek die opsies met die persone op die terrein en neem ’n goedberedeneerde besluit

Brandbeskermingsverenigings

Waar ’n brandbeskermingsvereniging in ’n gebied geregistreer is, het lede die volgende voordele:

Indien ’n eis ontstaan teen ‘n grondeienaar wat lid van ‘n LBBV is, word aanvaar dat hy nie nalatig was nie en moet die eiser bewys dat hy nalatig was.

As hy nie ‘n lid is nie word vermoed dat hy nalatig was totdat die teendeel bewys is.

BBV kan ook reëls maak wat op sy lede van toepassing is soos:

• Wydte van brandpaaie.

• Datum waarop brandpaaie voltooi moet wees

• Ledegelde

• Plasing van toerusting

Die LBBV het ook die volgende verpligtinge:

• Moet ‘n veldbrandbestuursprogram ontwikkel

• Ekologiese toestande identifiseer en beperkings stel op die maak van brandstroke.
As die toestande ongunstig is vir die maak van brandstroke kan ‘n verbod ingestel word.

• Moet lede organiseer en steun

• Moet lede oplei

Skakel mnr. Louis Kotze, waarnemende voorsitter van LBBV by 082 564 5698 vir die uitreik van brandpermitte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button